JOIN OUR MAILING LIST

Die Vergenoeg Wynplaas is die ideale beginpunt of eindpunt vir jou Stellebosch Wynroete. Hier kan jy 'n lekker piekniek kom geniet, wynproe en natuurlik wyn koop.

Daar is ook elke Saterdag 'n mark waar daar lekker geproe kan word aan verskillende kosse, bier van plaaslike mikrobrouerye , en ook stalletjies met handgemaakte kuns. Daar word ook lekker musiek gespeel en 'n feestelike atmosfeer heers.

Om die 1000 werkseende van Vergenoegd te sien marsjeer na die wingerde waar hulle organiese pesbeheer toepas deur googas en insekte te eet , en daardeur die behoefte aan onnatuurlike insekdoders verminder het een van die moet dinge in die Helderberg geword.


DIe Roete 44 Boeremark is geleë in Stellenbosch op die R44 op die Audacia wynplaas. Hierdie mark is oop op Saterdae en Sondae.

 

 

 


Die gewilde Lourensford Mark op die bekroonde Lourensford Wynplaas open elke jaar op 1 September en is oop op Vrydae aande (17:00 - 21:00) en Sondae (10:00 tot 15:00) .


Daar is meer as die onderstaande Boeremarkte in die Helderberg. Ons sal meer lys soos ons meer Boeremarkte besoek wat ons kan aanbeveel. Ons het 'n onderwerp begin op ons Forum genaamd "Watter boeremark is die lekkerste boeremark in die Helderberg?" - Gesels gerus saam.

Terug Terug na bo