JOIN OUR MAILING LIST

Golf en vakansies in die Helderberg is vir sommigge sinoniem met mekaar. Onder die top 100 Golfbane in Suid Afrika volgens Golf Digest is daar 'n paar bane binne die Helderberg of naby genoeg vir 'n dagbesoek.

As jy en jou vriende 'n Golftoer beplan na die Helderberg dan is julle bederf met keuses waarvan Arrabella net buite Kleinmond die eerste plek beklee, gevolg deur Erinvale in Somerset Wes, De Zalze in Stellenbosch, Royal Cape, Hermanus (Oos) , Steenberg in suidelike voorstede van Kaapstad, Clovelley , Stellenbosch, Paarl, Westlake en Rondebosch.

Die vriendelike Strand Golfbaan in die Strand hoef nie vir enige van hierdie bane terug te staan nie.

Dit is 'n taamlike lysie as jy die Helderberg wil besoek en al die top bane in die omgewing tydens een vakansie wil speel.

Die Helderberg bied die ideale ligging om al hierdie Golfbane wel tydens 'n dagbesoek te bereik.

Terug Terug na bo