JOIN OUR MAILING LIST
Blog


2017-08-12
Boetiekbier of Handwerkbier ?


Een van die lekker dinge van boeremarkte is dat mens Craft bier kan proe. Maar Craft bier is nou nie juis korrekte Afrikaans nie en daarom het ek myself vanoggend na Facebook gewend om 'n die korrekte Afrikaanse woord vir Craft bier te kry.

Wel min goeie stories begin sonder 'n bier het iemand eendag vertel.

As jy wil saamgesels op ons forum onder die opskrif Boetiekbier volg die skakel. Lekkerste boetiekbier.

My persoonlike gunsteling keuse vir 'n Afrikaanse woord vir Craft bier is Boetiekbier / Kunsbier of soos iemand voorgestel het "Bier van Mikro-Brouery". Iemand het nou weer voorgestel die bronne verwys na Handwerkbier.

Die mense het vandag lekker saamgesels en van die ander voorstelle is:

  • Handwerk bier
  • Tuisnywerheid bier
  • Tuisgebroude bier
  • Kraffie bier
  • Kleinkuns bier
  • Broubier
  • Boetiek bier
  • Hand gemaakte bier
  • Organiese bier
  • Eie bier
  • Ambagbier
  • Ketel bier
  • Boetiekbier
  • Tradisionele bier
  • Vakbier
  • Agterkamer bier
  • Tuisbrou
  • Selfbroubier
  • Handgebrou
  • Skofaan
  • Ontwerper bier

Wel dit was vir jou nou 'n gesprek.

My gunsteling boetiek bier is Birkenhead se Honeyblond gevolg deur Jack Black se Pale Ale.

HIer in die Helderberg in Gordonsbaai is die volgende plekkie waar Boetiek bier geproe kan word:

Heelwat verder verder in Stanford verby Hermanus is daar Birkenhead Brouery. Dit is 'n lieflike plek om te besoek indien jy vir die dag al die pad na Gansbaai byvoorbeeld wil ry om saam met die groot Haaie te wil gaan duik.

 

 

 

 



Kommentaar
Sit jou kommentaar by 
   

* Naam:   
* Epos:    
* Kommentaar:    
  Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie: 1 x 4 + 4 = ?
Antwoord:
 
Please leave this box blank.
 
Terug Terug na bo