JOIN OUR MAILING LIST
Blog


2018-05-27
Lekker braai en rook toerusting


Lekker braai toerusting is altyd 'n uitstekende vadersdag geskenk idee. 'n Gesoute braaier laat homself egter nie wag vir Vadersdag om lekker braai en rook toerusting aan te skaf nie.

Ek het gister my nuwe braaier en roker van vlekvrye staal op die proef gestel en ek is heeltemal in ekstase daaroor. Boonop het ek ook bamboeshoutskool op die proef gestel en ook daaroor is ek gaande! Die opvoubare braaier is ook die ideale korporatiewe geskenke vir maatskappye om aan hul kliënte te gee. Dit kan jou maatskappy se handelsmerk kry en is iets wat vir jare deur jou kliënt gebruik gaan word wanneer hulle lekker ontspan. Regtig 'n uitstekende geskenk idee vir korporatiewe kliënte.

Foto bo: My vlekvrye opvoubare braaier en roker wat perfek op die braai pas. Beskikbaar direk vanaf vervaardigers, Camproducts.

 

 

Die braaier word binne 30 sekondes maklik opgeslaan. Na braai word die panele net so maklik uitmekaar gehaal en in die gerieflike drasak gebêre tot die volgende braai.

Melanie aan die braai op ons ou braaiertjie terwyl ek besig was met my eerste eksperiment met die nuwe roker.

Foto bo: Die saagsels word onder in dei rokertjie gestrooi. Nie te veel nie. Ek het French Oak Barrel saagsels gebruik. Dit het nie vir my lekker met die hoender afgegaan nie.

Foto bo : Die rokertjie is eintlik 'n klein oondjie. Die hoender kook en stoom gaar binne die oondjie met die saagsels wat geur verleen aan die vleis. Die hoender het lank gekook en was sag en het begin uitmekaar val. Volgende keer sal ek my roker eerder as 'n gewone oond vir hoender beskou en soos normaal die hoender voorberei met gewone hoender speserye. Die vlekvrye staal rokertjie is dan van nou af ook my kamp oondjie. Mens moet die versoeking weerstaan om die roker oondjie oop te maak middel van die braai / rook proses. Die hoender se eie vet en water maak stoom wat ook help met die kookproses.

 



Kommentaar
Sit jou kommentaar by 
   

* Naam:   
* Epos:    
* Kommentaar:    
  Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie: 1 x 4 + 5 = ?
Antwoord:
 
Please leave this box blank.
 
Terug Terug na bo