JOIN OUR MAILING LIST
Blog


2017-08-13
Vang meer vis in Gordonsbaai of Strand


Hier volg 'n paar wenke om meer vis te vang wanneer jy in die Strand of Gordonsbaai gaan hengel.

1.) Kies die regte tyd van die dag.

Ek bestudeer die webwerf Tides4 fishing se afdeling vir Kaapstad voor ek besluit wanneer om te gaan visvang.Sien skermgreep van hul webwerf hieronder.

Ek verkies om 'n uur en 'n half voor Hoogwater by die Hengelwater te wees. En dan is dit nog beter indien Hoogwater saamval met laatmiddag / vroegdonker. Veral vir vis soos Kabeljou en Elf is dit 'n goeie tyd om dan op die rotse te wees. EK verkies om met lewendige aas te hengel so dan sal ek selfs nog bietjie vroeër gaan om seker te maak ek het genoeg aas.

2.) Teiken die regte spesie vir die regte tyd van die jaar

Behalwe dat mens gedurende seker tye van die jaar nie sekere spesies mag vang nie is daar sekere tye van die jaar waar sekere spesies skaarser is en ander meer volop. Ek sal in daaropvolgende blog inskrywings meer vertel nadat navorsing gedoen is. Die kortpad is om jou na Faceboek te wend en meer uit te vind by plaaslike Faceboek groepe. Die mense deel graag hul fotos maar minder graag hul geheime gate.

Verskillende spesies vis verkies verskillende ase en benodig verskillende stroppe om jou die beste geleentheid te bied.

3.) Koop vir jouself beter kanse

Met die regte gerei en veral die regte stroppe sal jy meer sukses behaal. Daar is gerei winkels wat klaar voorafopgemaakte stroppe vir Elf, Galjoen en Kabeljou verkoop. DIt is duurder as om jou eie stroppe te maak maar jy sal meer sukses behaal. Die regte stroppe vir die regte vis maak beslis 'n groot verskil.

4.) Sluit aan by die regte groepe op Faceboek

Op faceboek kan mens intyds sien watter visse word gevang en vriende maak en raad vra.

Hier is so paar groepe en bladsye:

RASSPL Western Province Bronzies

Falsebay Fishing

Inshore / Offshore Boat Fishing False Bay (South Africa)

Dan is daar ook lekker hengelplekke in Bettiesbaai- en Kleinmond omgewing



Kommentaar
Sit jou kommentaar by 
   

* Naam:   
* Epos:    
* Kommentaar:    
  Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie: 1 x 4 + 5 = ?
Antwoord:
 
Please leave this box blank.
 
Terug Terug na bo