JOIN OUR MAILING LIST |
Blog 2018-05-27 Bamboeshoutskool, die beste ding sedert Ek het tydens gister se braai met my nuwe braaiertjie en roker nog'n wonderlike produk ontmoet. BAMBOESHOUTSKOOL! Foto bo: Die Bamboeshoutskool in sy netjiese verpakking Foto bo: Die bamboeshoutskool kom met bamboes stokkies wat maklik met 'n stuk koerantpapier aangesteek word. Die bamboeshoutskool word dan bo op die brandende bamboes stokkies geplaas. Die Bamboeshoutskool brand wit. Die houtskool brand lank en maak GEEN ROOK NIE! Foto bo: Na die braai het ons nog bamboeshoutskool bygevoeg Na die dag se braai en kuier het ons die braaiertjie ingedraai en laat staan op ons kombuisblad. Die Bamboeshoutskool brand vir ure en maak geen rook nie. Die braaiertjie is so ontwerp dat daar geen hitte op die kombuisblad is nie. Hierdie produkte. Vlekvrye staal opslaan braaier, Bamboeshoutskool , en Vlekvrye staal roker is beskikbaar in die Helderberg by Chis en Amanda van Camprod |
Terug | Terug na bo |